home

OPEDAG IS KUIERDAG!  GRAAD R- EN RR-MAATJIES VAN 2025 KOM KUIER OP SATERDAG 18 MEI 2024 BY ONS.  HOU ONS SOSIALE MEDIA-PLATFORMS DOP VIR INLIGTING. 

LOER OOK NA ONS GROOT ROOIKAT-PRETBLAD EN RAAK OPGEWONDE OOR ‘N NUWE AVONTUUR! KLIK HIER!

 

Dis hóé ons die wát doen!
Laerskool Constantiapark is groot waar dit saak maak, maar klein waar dit kinderhartjies raak!

Voortreflike akademiese onderrig in ‘n kindervriendelike, geborge milieu van liefde en meelewing deur passievolle onderwysers wat hóú van uitdagings, is hóé ons by CP die wát laat plaasvind. Hier dink ons anders en doen ons anders en bruis entoesiasme deur ons klasse en gange en oor ons velde. Hier wil elke kind wees.

Laerskool Constantiapark se groter skool word met dinamiese strategiese bestuur in kleiner groepe verdeel sodat elke CP-Rooikat se hartjie en handjies eers voorberei en ontwikkel word, binne kleiner kringe waarin hulle veilig voel om hulle grense bietjie-bietjie te skuif. Hier leer hulle ontdek en met selfvertroue waag. As Laerskool Constantiapark dan in volle glorie saamkom in eenheid en in ‘n kultuur van saamdoen, ontvou ‘n kragtoer van formaat… en dís hoe ons die wát by Laerskool Constantiapark doen, dat ons kinders kan gedy en kan sprankel! Ons Rooikatte is keer op keer sonder keer en elke CP word elke dag meer Rooikat!

Lees Meer
By Laerskool Constantiapark word ‘n gebalanseerde ingesteldheid tot studie, sport, kultuur en leierskap aangewakker. ‘n Skool waar skaak en sport saam van ewe groot belang is, skep pioniere in leierskap: CP-personeel sorg dat leerlinge kreatief dink en leer om analities probleme op te los. CP’s oefen speel-speel om lateraal te dink met ‘n skaakperiode in skooltyd vir graad 1-3, maar Laerskool Constantiapark se Rooikatte oefen ewe begeesterd buite in die sonnetjie dat al die spiertjies ook wikkel om te ontwikkel. As die sonnetjie skyn, speel CP-kindertjies buite in die skooltuin!
Hóé doen ons die wát?
  • Laerskool Constantiapark glo daarin dat elke kind op elke gebied begeester moet word om met waagmoed nuwe dinge te kan ontdek, sodat elke nuwe fase ontwikkeling verseker.
  • Laerskool Constantiapark fokus eerder op meer klasse per graad as op oorvol klasse.
  • Die akademiese voortreflikheid van graad 1 tot graad 7 is gewortel in uitnemende onderrig wat die kombinasie van die fantasie- en ‘n verrassingselemente in elke klas akademie en die leerproses in ‘n reuseavontuur laat ontaard!
Lees Meer
  • Tydens elke Wiskundeperiode vanaf graad 4-7 verdeel die klas in twee kleiner klasse, sodat dit wat saakmakende vaardighede vorm, die saakmakende aandag kry.
  • ‘n Pad van leer-lekkertes begin in graad R waar ons Rooikat-pionierspaaie wegtrek, terwyl ons speel: van skaak en allerlei verrykingsgeleenthede in die skooldag tot genotvolle deelname aan bulletjie-rugby, mini-netbal en mini-hokkie in die middae. Elke week word ‘n opwindende skool-belewenis wat sorg dat Maandae geen monster is nie, want Rooikatte wíl skool toe kom! As ons van graad R af reg werk, brul ons Rooikatte van plesier tot in graad 12!
  • Die manier hóé ons die wát doen op akademiese gebied, maak Laerskool Constantiapark een van die gunsteling- voederlaerskole vir die Top 5 hoërskole in Gauteng.
  • Akademiese klasse word ondersteun deur klasassistente wat seker maak dat elke uitdaging in ‘n klas in ‘n japtrap kaf gedraf word en kinders kan baai in individuele aandag.
Skitter-skuiwe van voortreflikheid
CP’s hou van nuwe uitdagings en loop dan voor! Laerskool Constantiapark het reeds meer male dié uitskietertoekenning ontvang as die BEELD-lesers se keuse vir die beste laerskool en spog selfs met ‘n internasionale toekenning van die Alliance for Invitational Education op sy trofeerak.
Hoe die wat gebeur, spel sukses:
  • 0/9 SA-Landloopkampioen is ‘n RooiKat
  • Super-12-Landloopwenners
  • Super-12 Top 10 Bybelvasvraespan
  • 0/12-Netbal RooiSkatte onder Top 10 in Suid-Afrika  
  • Rooikat-Junior-Koor eindig onder Top 10 in Suid-Afrika by ATKV-Applous
  • Super-12 Top 3 Algemenekennis-span
  • Graad R-koor is keer-op-keer kategorie-wenners by Centurion Kunstefees
  • Hokkie Eerstespan naaswenners by Noord-Gauteng-kampioenskappe
  • Bloubul-kampioene (2019)
  • 9 Rooikatte is Bloubulle en  die Bloubul-kaptein is ‘n CP
  • Nasionale Lego Robotika-wenners
  • Nasionale Afrikaans-Ekspo-wenners
  • Twee nasionale redenaar-deelnemers
  • TITAN-wenners (Krieket)
  • Super-12 sege-op-sege in atletiek, tennis, landloop en hokkie
  • Swemspan-naaswenners in liga
  • CP-seniorkoor skitter as nasionale wenners van SING IN HARMONIE en ‘n silwer medalje verwerf by die WORLD CHOIR GAMES in 2018

belééf hoe ons die wat doen

Kry die D6 kommunikeerder, en bly op hoogte van alles by jou ROOIKAT se skool!

vriende van laerskool constantiapark

kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X