HOE MEER ONS DOEN EN ONTDEK, HOE MEER WIL ONS ONTDEK EN DOEN!
Ons vat ons maatjies aan die hand om elke vingertjie slim te maak:
Duimpie: Fisiese ontwikkeling
Duimpie se maat: Sosiaal-emosionele ontwikkeling
Langeraat — Kognitiewe ontwikkeling
Fielevlooi: Taalontwikkeling
CP-pinkie: Bak-en-brou-verf-en-bou-kreatiwiteit
Laerskool Constantiapark se Gr. R-sentrum is geregistreer by die nasionale Departement van Onderwys en ingevolgewetgewing daartoe verbind om die bepalings van die voorgeskrewe nasionale kurrikulum te handhaaf. Daarvolgens word die drie leerareas soos beskryf vir die Grondslagfase, in ons leerprogramme geïmplementeer:
Taalvaardigheid (Huistaal)
Syfervaardigheid (Wiskunde)
Lewensvaardighede (Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)
Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.
Winter:
Op die Algemene Ouervergadering is die skoolgelde vir 2018 soos volg goedgekeur:
Betaal maandeliks per debietorder oor 11 maande vanaf 01/02 – 01/12.
Voorwaardes:
Die skoolgeld vir die volgende jaar word jaarliks in Oktober by die ouervergadering vasgestel.