Grd R revised

OPEDAG IS KUIERDAG! NUWE GRAAD R-EN RR-ROOIKATTE EN ROOISKATTE VAN 2025 KOM KUIER OP 18 MEI 2024 VIR ONS! HOU ONS SOSIALE MEDIA-PLATFORMS DOP VIR INLIGTING OF STUUR ‘N E-POS AAN GRAADRADMIN@LSCP.CO.ZA.

KOEKOELOER OOK NA ONS GROOT ROOIKAT-PRETBLAD:  KLIK HIER!

 

Welkom nuwe maatjie!

HOE MEER ONS DOEN EN ONTDEK, HOE MEER WIL ONS ONTDEK EN DOEN!
Ons vat ons maatjies aan die hand om elke vingertjie slim te maak:

1. DUIMPIE

Fisiese ontwikkeling

Beide groot en fyn motoriese vaardighede kraai koning!

2. DUIMPIE SE MAAT

Sosiaal-emosionele ontwikkeling

Gesindhede en kerngesonde waardes word speel-speel aangeleer en in die hartjies verewig. Elke maatjie kry kans om sy persoonlikheid te vorm en leer om te waag sodat die avontuur van ontdekking kan begin! Ons bou ‘n positiewe selfbeeld en oefen die gesonde verwerking van kleuteremosies om uiteindelik interpersoonlike verhoudings te vestig wat ons in veilige waters laat swem!

3. Langeraat

Kognitiewe ontwikkeling

Aandag aan begrip, geheue, konsepvorming, gesonde oordeel, redenasie-vermoëns en probleemoplossing.

4. FIELEVLOOI

Taalontwikkeling

Klem word geplaas op die aanleer van praat- en luistervaardighede. In ooreenstemming met die fisiologiese vorming en groei van die kleuterbrein, word wel op ‘n verantwoordbare wyse aandag gegee aan die ontwikkeling van ontluikende insidentele lees- en skryfvaardighede.

5. CP SE PINKIE

Bak-en-brou-verf-en-bou-kreatiwiteit

Sensoriese genot en eksperimentering met kreatiewe probleemoplossing-strategieë. Om kreatief te wees, vorm meer as net ‘n kunswerk!

NS LEER SPEEL-SPEEL GROOT DROOM!

  • Laerskool Constantiapark se Gr. R-sentrum is geregistreer by die nasionale Departement van Onderwys en ingevolgewetgewing daartoe verbind om die bepalings van die voorgeskrewe nasionale kurrikulum te handhaaf. Daarvolgens word die drie leerareas soos beskryf vir die Grondslagfase, in ons leerprogramme geïmplementeer:
    Taalvaardigheid (Huistaal)
    Syfervaardigheid (Wiskunde)
    Lewensvaardighede (Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)
  • Die inhoud, kennis, vaardighede en waardes van die kurrikulum word deur die jaar aan die kleuters oorgedra aan die hand van bepaalde temas.
  • Omdat hulle speel, leer hulle flink en vrolik sonder om leerwerk as te uitdagend te sien. Ons help vinnig ‘n handjie wat sukkel of ‘n koppie wat dalk net weer rustig moet hoor, voor hy kan doen.
  • Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.

Kuier verder saam ons op Facebook!

Ons leer speel-speel groot droom!
Laerskool Constantiapark se Gr. R-sentrum is geregistreer by die nasionale Departement van Onderwys en ingevolgewetgewing daartoe verbind om die bepalings van die voorgeskrewe nasionale kurrikulum te handhaaf. Daarvolgens word die drie leerareas soos beskryf vir die Grondslagfase, in ons leerprogramme geïmplementeer:
• Taalvaardigheid (Huistaal)
• Syfervaardigheid (Wiskunde)
• Lewensvaardighede
(Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)
  • Die inhoud, kennis, vaardighede en waardes van die kurrikulum word deur die jaar aan die kleuters oorgedra aan die hand van bepaalde temas.
  • Omdat hulle speel, leer hulle flink en vrolik sonder om leerwerk as te uitdagend te sien. Ons help vinnig ‘n handjie wat sukkel of ‘n koppie wat dalk net weer rustig moet hoor, voor hy kan doen. Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.

Speel is ons werk!

Fantasiedag: Elke maatjie en juffrou kom skool toe as sy;/haar gunsteling superhero.
Bak en brou: Een maal per week op Vrydae.
Ouma-en-Oupadag: Oupa en Ouma kom kuier saam!
Sport(s)dag: Pappa en Mamma, ons maatjies en juffrouens kuier en speel heerlik informeel saam.
Kenmekaar-braai: ‘n Informele en gesellige geleentheid om nader kennis te maak met die ander ouers van die CP-gesin.
Instappies: Besoeke en vertonings van allerhande interessante mense.
Lente-hoededag: Elke maatjie maak sy eie hoed volgens ‘n tema en kom spog tydens ‘n heerlike, kreatiewe ontploffing van hoede!
Pretdag: Groot FM kom kuier! Ons maak saam met ons hele skool ‘n golf van gees!
Graad R se eie huissport(s).
Diploma-plegtigheid: Die hoogtepunt van die jaar. Ons sê totsiens aan ons maatjies wat Gr. 1 toe gaan.

skooltye

06:40 Ons gooi die deure van die Gr. R-Sentrum wyd oop vir ons maatjies!
07:00 Ons Gr. R-rooikatte speel sonder remme!
08:00 Ons maatjies hardloop klas toe, want om te begin ontdek is ‘n groot lekker.
09:45 Pouse- en speeltyd!
12:30 Ons gaan huis toe!
Wagklas van 12:30 tot 14:00 vir ons maatjies wat moet wag vir boeta of sus in die groot skool.

GRAAD R-SENTRUM NASKOOL
Ons Graad R-Sentrum  beskik oor ‘n eie Naskool.

Tye: 12:30 -17:30

  • Middagete vind 12:30 plaas en dan groot speel tot huis toe gaan tyd.
  • Ons het ‘n Naskoolhoof en  ‘n hele twee hande vol oppassers wat ook aktiwiteit koördineer.
  • Ons Naskool het ook ‘n vakansieprogram.
ons het ons eie mooi-mooi skooldrag

SOMER:

  • Rooi kortmou gholfhemp (met skoolwapen, verkrygbaar by Constantia Uitrusters)
  • Swart kortbroek
  • Rooi skoolhoed (opsioneel)

WINTER:

  • Rooi langmouhemp (sonder skoolwapen, verkrygbaar by Constantia Uitrusters)
  • Swart langbroek
  • Rooi fleece baadjie (verkrygbaar by Constantia Uitrusters)
skryfbehoeftes
  • ‘n Skryfbehoeftepakkie, verkrygbaar by die Gr. R-Sentrum
  • Rugsakkies is ook beskikbaar by ons Gr. R-Sentrum
  • vat vyf
    SPEEL IS ONS WERK
    • Gr. R leer skaak speel in skooltyd
    • FLO: n Addisionele kurrikulum, FLO, word twee keer per week deur die klasjuffrou self aangebied. Die fokus is op kinestetiese aktiwiteite ter bevordering van perseptuele- en ander lewensvaardighede.
    • Een keer ‘n maand stap ons maatjies na die “Groot Skool” toe vir kodering op tablette. Ons leer speel-speel analities dink, sonder dat ons weet dink is eintlik werk!
    • Gr. RR se maatjies ry op perdjies as deel van Equiterapie. Ons leer allerhande pretdinge doen terwyl ons op die perdjie se rug sit!
    Twee hande vol middag-lekkertes waaraan Graad R-maatjies kan deelneem

    Daar is geleentheid om aan hierdie aktiwiteite deel te neem teen ‘n ekstra koste per maand. Droom saam met oor al die lekker dinge wat beskikbaar is:

    AUDIBLOX
    Aangebied deur Esmé Müller
    083 407 3033

    BALLET
    Aangebied deur Marianne Weidemann
    082 333 7314

    HIP-HOP
    Aangebied deur Dané van Schalkwyk
    083 444 2239 

    KLEUTERMUSIEK
    Aangebied deur Esmé Müller
    083 407 3033

    MIKI MATHS
    Aangebied deur Helene Cilliers,
    Beverley Passetti en Elba van Niekerk
    082 475 5262

    POTTEBAKKERY
    Aangebied deur Nadia de Lange
    073 970 3053

    RSD (RUGBY)
    Aangebied deur Phillip van Coller
    082 404 9735

    KRIEKET
    Aangebied deur Jaco de Swardt
    082 806 7115

    STOEI
    Aangebied deur Neels de Jager
    082 55 62790

    EKSPERI-BUDDIES
    Aangebied deur Marilè Rischmüller
    082 852 1143

    SWEM
    Aangebied deur Renctia     
    082 773 6595
    Aangebied deur Mariq Swanepoel
    082 787 7211

    TEGNOLOGIE
    Aangebied deur Ilze Vlok     
    083 301 8003

    TENNIS
    Aangebied deur Melissa Visser
    082 331 6117

    TROMPOPPIES
    Aangebied deur Ronel Reinecke
    082 371 5764

    Mart-Mari Nel
    079 498 4769

    SENTRUM VIR DIE KUNSTE

    Daar word namiddae privaatlesse op Laerskool Constantiapark se terrein  aangebied in kuns, ballet, kitaar, viool, klavier en blokfluit.

    Vir verdere navrae, skakel
    012 761 9500.

    En nog ‘n handvol vir Graad RR!
    • RUGGA- KIDS
      Aangebied deur Phillip van Coller
      082 404 9735
    • POTTEBAKKERY
      Aangebied deur Nadia de Lange
      073 970 3053
    • PLAY-BALL
      Aangebied deur Bernadette
      082 375 4516
    • BALLET
      Aangebied deur Marianne Weidemann
      082 333 7314
    • SWEM
      Aangebied deur Mariq Swanepoel
      082 787 7211
    X