Kultuur
kultuur kierang sonder keer
Die skool het naas die baie bekende seniorkoor, ‘n seunskoor en ook nóg 3 juniorkore, wat ‘n Graad R-koor insluit.

Van nasionale redenaars tot gedugte rugbyspanne, waarvan die manne ook koor sing en reeds ‘n dekade bo-aan die punteleer is … hier kry elke maatjie ‘n gaatjie vir ontwikkel en presteer.

seniorkoor
Die Seniorkoor bestaan jaarliks uit 85 tot 100 kinders van gr. 4 tot 7 leerlinge. Ons hoofdoel is om vir elke koorkind ‘n musikale ervaring te gee, liefde vir musiek en koorsang te ontwikkel, hom of haar as mens te ontwikkel deur selfbeheersing, selfdissipline en eie waarde asook sy of haar talente te ontwikkel. In die koor werk ons nie net hard nie, maar het baie pret. Tema- aande, uitstappies, boemelaarskamp by die skool en natuurlik van tyd tot tyd ‘n toer, is deel van die koorjaar.

Ons was al twee keer die uitnodigingskoor na Music in the Mountain-fees van die Drakensbergse Seunskoor. Ons het ook al twee keer Kaap toe getoer. Prestasies is ‘n beloning op harde werk en nie vir ons die Alfa en die Omega nie. Kompetisies waaraan ons deelneem is onder andere Super 12 koorkompetisie en die ATKV Applous.

Ons was al algehele Nasionale wenner en vier keer by die finaal van ATKV. Super 12 het ons reeds verskeie jare Cum Laude verwerf. Ons was Nasionale naaswenner by Sing in Harmonie van Kyknet en het by die World Choir Games van 2018 ‘n silwer medalje verwerf. Koofeeste en informele optredes is heerlik en feeste saam met verskeie kunstenaars, ‘n groot bonus. Ons Koor is soos ‘n tweede familie

Dis hóé ons die wát doen!

JUNIORKOOR EN KANARIEKOOR
Die Juniorkoor bestaan uit ongeveer 80 leerlinge van gr. 1 tot 3. Ons het ook ‘n kanariekoor wat nog leerlinge geleentheid gee om te sing. Oudisies word gehou om koorlede te keur. Liefde vir sang word as hoë prioriteit gestel. Ons koor spog met verskeie prestasies onder meer: Pretoria Eisteddfod: A++, Trofeewenner as die Beste Juniorkoor, Super 12 Kore: Cum Laude-toekennings, ATKV Applous: Beste Juniorkoor op Streeksvlak, Applous: 2e op die “Top Tien” landswyd en “Sing in Harmonie”, kykNET-kompetisie: 2015 Nasionale wenners.
graad r-KOOR
Ons is opgewonde oor ons Graad R-koor wat jaarliks by verskeie geleenthede optree. Die Graad R-koor is ook al die afgelope drie jaar as Eisteddfod-wenners aangewys. Hierdie maatjies van ons kan sing en stilstaan vir sing… en dan sing hulle nog mooier as mooi ook!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

mini-poppies

CP-Poppies bestaan uit ongeveer 50 skattige dogtertjies vanaf gr. R tot gr. 2. Hul oefen twee keer per week. Dit bevorder dogters se groot- motoriese-, ritmiese-, asook middelkruisingvaardighede. Ons Poppies is baie gewild en tree in pragtige kostuums by kerkbazaars, winkelsentrums en byeenkonste by ons skool op.
redenaars

Laeskool Constantiapark is reggebek! Redenaars die een van ons skool se  aktiwiteite waarheen CP’s stroom en waar prestasies ook instroom!

Ons neem deel aan elke kompetisie  en die Rooikat-redenaars bewys hulle keer op keer as van die stad se beste Raakpraters!

Laerskool Constantiapark is reeds altyd redenaars wat deurdring tot in die landswye finaal. Ons is meermale aangewys as landswye wenners en naaswenners.

Die geheim van ons suksesverhaal is gewortel in ‘n leeskultuur in die skool en aktiewe redevoering  van graad R af. Informele blootstelling van leerlinge aan verskeie geleenthede waar hulle gestimuleer word om die woord te voer en die pret te ontdek van  met woorde toor om die gehoor te bekoor of te oortuig, bring ‘n gemaklikheid met optree voor enige gehoor. Belese sprekers  is natuurlike leiers en Laerskool Constantiapark se hande vat van leeslus en praatpret, bring prestasies sonder dat die prestasies die pret uit praat haal!

Ons neem deel aan:

Interne redenaarsaande
Super 12-Redenaars
ATKV-Kompetisie
Podiumpret
Oppitongaf
Radikale redenaars
en elke ander geleentheid om ‘n ding raak te praat en op die kop te keer!

rooikatte roer onder die maan

Laerskool Constantiapark lê op massadeelname klem wanneer ons ‘n revue op die planke bring. Die hele skool van gr. R to gr. 7 neem deel aan die skouspel wat op die rugbyveld aangebied word. Ons wissel revue en ander massadeelname-geleenthede soos die gewilde Erfenisfees af, maar ons lekker vrolike massa onder die maan, is ‘n CP-ding!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

voortrekkers

Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe burgers suksesvol te wees in hul roeping tot diens.

Wapadrand Voortrekker-Kommando is die tuiste van ons Vories. Oorhoofs is ons besig om die Voortrekkers se visie, naamlik om die voorkeur-aktiwiteit buite skoolverband vir ABC jongmense te wees, na te streef.

Met ABC in hierdie konteks verwys ons na die Voortrekkers se strewe om moderne Afrikaners, positiewe burgers voor te berei en op te lei vir hulle lewens as volwassenes.

fotografie

In samewerking met PSSA neem die kinders aan kursusse, kompetisies en uitstappies deel. Ons klubaande vind een keer ‘n maand op ‘n Woensdag in die skoolsaal plaas. Tydens die foto-aande beoordeel ‘n PSSA-fotograaf alle foto’s. Ons fotograwe neem ook deel aan die jaarlikse Pretoria Eisteddfod en Centurion kunstefees. Foto’s wat klublede inskryf word na afloop van klubaande opgelaai na Pretoria Primary & High School Photographers op Facebook waar foto’s besigtig kan word.

sentrum van die kunste en kunswedstryde

Dié sentrum funksioneer op die skoolterrein vir CP-geleenthede sonder grense, maar word privaat deur die afrigters bedryf.

Lesse in klavier, viool, kitaar, blokfluit, klassieke ballet, hip-hop, sang, kuns en drama word aangebied in verskeie lokale o.a. die musieksentrum bo die skoolsaal.

Alle afdelings skryf leerlinge vir kunswedstryde, asook waar moontlik vir eksamens in. CP’s skitter hier en menige afdelingswenners verskyn uit hierdie sentrum vir drama, dans en musiek. Daar is ongeveer 250 leerlinge by die sentrum ingeskryf.

Dis hóé ons die wát doen!

kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X