Leierskapontwikkeling
is CP-styl
Laerskool Constantiapark volg ‘n leierskapontwikkelingsprogram (LOP) waar leeringe die geleentheid kry om verskeie vaardighede aan te leer wat hulle by enige gegewe geleentheid in staat stel om op te tree en toe te tre. Leierskap is ‘n werkwoord en impliseer aksie. Leiers word nie gebore nie, hulle word gevorm en ontwikkel deur geleenthede.
Die bene waarop ons leierskapprogram rus is:
1. Leierskapontwikkelingsprogram (LOP) in ‘n periode in ons rooster
Alle Gr. 4- tot 7-leerlinge word tydens Grootgroeponderrig-periodes blootgestel aan leierskapontwikkeling. LOP se temas word visueel en interaktief aangebied op verskillende vlakke in verskeie grade en dié vaardighede word duidelik sigbaar in die optrede van CP’s en die kohesie in die hele skool.
2. Klasleiersisteem
Leierskapontwikkeling in klasverband deur middel van klasleiers.
3. Leierskapprojekte
Elke voogklas kry ‘n klasleierbalkie vir die seun en dogter. In Graad 7 word ‘n Leierraad demokraties gekies en nie-leiers word gekies as klasleiers. Die leieronwikkelingsprogram laat die stemproses verantwoordelik geskied en leiers van formaat verrys wat projekte laat ontplooi binne ons skool sonder weerga!

Hoofleiers

Leerderraad

Skolierpatrollie
snoepieleiers
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X