Geskiedenis van die skool

LAERSKOOL CONSTANTIAPARK HET SY DEURE OP DINSDAG, 10 JANUARIE 1978 OOPGEMAAK.

Mnr. C.N. Kruger, afgetrede skoolhoof van Laerskool Olifantsfontein, het as hoof waargeneem. Die skool open met 475 leerders en 12 personeellede – ingesluit die hoof. Die skool het nog nie oor ‘n sportterrein beskik nie en die skoolwapen en leuse is tydens ‘n afsluitingsfunksie op 4 Desember 1978 in ontvangs geneem.

In Januarie 1979 is mnr. F.P. Senekal as die eerste permanente hoof aangestel. Die leerlingtal was 757 en dit het bly groei. In 1981 moes leerlinge by Hoërskool Waterkloof en Glenstantia Primary School geakkommodeer word, maar die ruimte ‘n tekort is opgelos toe 10 tydelike klaskamers gebou is.

Lees Meer
In 1982 het die aantal personeellede reeds gestyg tot 45. Nadat 220 leerlinge oorgeplaas is na die nuwe laerskool in Garsfontein, was daar nog steeds 1130 leerlinge in Constantiapark. Intussen is die sportterrein deur die Departement Openbare Werke voltooi en aan die skool oorhandig. Op 25 Februarie 1984 is die hoofpawiljoen ingewy. Na mnr. Senekal se bevordering tot Superintendent van Onderwys is mnr. P.A. le Roux as hoof aangestel. Onder sy leiding word ons ‘n Model C-skool in die nuwe onderwysbedeling. In nog ‘n wysiging, word ons laat in 1993 ‘n sogenaamde staatsondersteunde skool.
Op 28 Februarie 1997 tree mnr. Le Roux uit diens. Na ‘n halfjaar waarin mnr. L. Myburgh optree as waarnemende hoof word mnr. Eugene Laäs op 1 Oktober 1997 aangestel as hoof en bedank Augustus 2005. Mnr. A.J. Oosthuizen word aangestel as hoof vanaf 1 Januarie 2006 en in 2019 neem dr. Louis Dey die leisels by hom oor.
Skoollied
“Ons is ‘n skool met ideale,
en Constantiapark ons naam.
Ons strewe altyd na die hoogste
vir ons Heer en volk tesaam.
Standvastig en getrou!
Standvastig en getrou!
Constantiapark, ons is lief vir jou!”
Visie
“Opvoeding tot die realisering van elke kind se potensiaal.”
Missie

Om deur effektiewe bestuur en kommunikasie te verseker dat die skool:

  • Opvoedende onderwys bevorder binne ‘n Christelike etos met Afrikaans as taalmedium.
  • Kwaliteitonderrig en -opvoeding vir elke leerling bied.
  • ‘n Opvoedingsinstansie is wat lewensvaardighede ontwikkel deur ‘n gesonde balans tussen akademie, sportsoorte, kultuur en waardes in samewerking met ouers te handhaaf.
  • Aan elke leerling die geleentheid tot deelname aan die skool se aktiwiteite bied, sodat elke leerling sy/haar volle potensiaal kan bereik.
  • Uitnemende opvoeders werf, ontwikkel en behou.
Gedragskode
  • Toon jou lojaliteit deur gehoorsaamheid aan personeel en leiers.
  • Eerbiedig onderwysers en maats deur vriendelikheid, hulpvaardigheid en goeie taalgebruik.
  • In belang van ons almal se veiligheid word geen bakleiery, afknouery, gevaarlike voorwerpe of speletjies toegelaat nie.
  • Respekteer jou eie, maats, onderwysers en die skool se eiendom deur dit op te pas en nie rommel te strooi nie.
  • Wees altyd stiptelik en betyds met jou skoolbywoning, huiswerk en deelname aan aktiwiteite.
  • Handhaaf ‘n netjiese voorkoms deur te hou by die skooldrag en voorskrifte vir hare en juwele.
  • Samewerking in die klaskamer is noodsaaklik, sodat elke leerling ongehinderd kan leer en werk.
  • Om ons gasvryheid te wys, word nuwe maats hartlik ontvang en alle personeel en besoekers vriendelik gegroet.
  • Kleedkamers word netjies gehou, omdat ons almal dit wil gebruik.
  • Om volle aandag in die klas te kan gee, word pouse gebruik om te eet, kleedkamers te besoek en lekker te ontspan.

SKOOLDRAG

VERSKAFFERS VAN CP-SKOOLDRAG

• School & Leisure
Parkview-Sentrum, Garsfonteinweg

• Constantiapark Uitrusters
Mendelssohnstraat 496, Constantiapark

ROOIKAT-KLEREWINKEL

Die skool se Klerewinkel is elke Maandag tot Donderdag 07:00 tot 09:00 en weer  13:00- 17:00 oop asook elke Vrydag  07:00 tot 11:00. Die Klerewinkel verkoop netjiese tweedehandse klere en sportklere, sakke en ekstras wat Rooikatte mag nodig kry.

Kontak me. Patricia de Wet vir ondersteuning of loer in as die Rooikat-Klerewinkel oop is.
Klerewinkel@lscp.co.za
0660267567

SOMERSDRAG - DOGTERS

  • Rooi skoolrok.
  • Swart skoolskoene (bandjie of toeryg) met grys kort sokkies (opsioneel in die somer).
  • Kort swart skibroekie, gedra onder die skoolrok.
  • Sweetpakbaadjie/moulose of langmoutrui saam met rok

GRAAD 7-DOGTERS

  • Rooi skoolrok met grys kortsokkies.
  • Swart skoolskoene (bandjie of toeryg).
  • Swart kleurbaadjie met skoolwapen.
  • Moulose of langmoutrui onder kleurbaadjie (opsioneel).

NB: Geen tekkies mag by skooldrag gedra word nie, SLEGS by FLO-drag.

Pet:
‘n Rooi pet met ‘n rand is by die verskaffers beskikbaar. Ons wil leerlinge aanmoedig om dit gedurende FLO-periodes en pouses te dra. Die hoed kan ook vir alle sportaktiwiteite gedra word.

 

SOMERSDRAG - SEUNS

  • Wit kortmouhemp met skoolwapen op die sak.
  • Swart skoolskoene met grys kniekouse (opsioneel in die somer).
  • Sweetpakbaadjie/moulose of langmoutrui.
  • Grys kortbroek.

GRAAD 7-SEUNS

  • Wit kortmouhemp met skoolwapen op die sak.
  • Swart skoolskoene met grys kniekouse.
  • Swart kleurbaadjie met skoolwapen.
  • Moulose of langmou trui onder kleurbaadjie (opsioneel).
  • Grys kortbroek

NB: Geen tekkies mag by skooldrag gedra word nie, SLEGS by FLO-drag.
Pet:
‘n Rooi pet met ‘n rand is by die verskaffers beskikbaar. Ons wil leerlinge aanmoedig om dit gedurende FLO-periodes en pouses te dra. Die hoed kan ook vir alle sportaktiwiteite gedra word.

WINTERSDRAG - DOGTERS

  • Rooi skoolrok.
  • Rooi skooltrui en of sweetpakbaadjie by skoolrok (opsioneel).
  • ‘n Frokkie mag onder die rok gedra word maar indien langmoue uitsteek moet dit uitgetrek word wanneer die trui of baadjie uitgetrek word.
  • Grys kniekouse of grys broekiekouse by skoolrok.
  • Kort swart skibroekie, kan onder die skoolrok gedra word.
  • Swart skoolskoene (toeryg of bandjie).

GRAAD 7-DOGTERS

  • Dieselfde as vir die res van die skool met die swart kleurbaadjie.
  • Geen sweetpakbaadjie onder die kleurbaadjie nie.

NB: Geen tekkies mag by skooldrag gedra word nie, SLEGS by FLO-drag.

Pet:
‘n Rooi pet met ‘n rand is by die verskaffers beskikbaar. Ons wil leerlinge aanmoedig om dit gedurende FLO-periodes en pouses te dra. Die hoed kan ook vir alle sportaktiwiteite gedra word.

WINTERSDRAG - SEUNS

  • Grys lang-, of kortbroek, grys kouse met swart gordel met die langbroek.
  • Rooi skooltrui en of sweetpakbaadjie (opsioneel)
    Indien ‘n kortbroek gedra word, is kniekouse verpligtend. Wit dashemp ( Kortmou of langmou) met ‘n skooldas Swart skoolskoene GRAAD

GRAAD 7-SEUNS

  • Dieselfde as vir die res van die skool met die skool kleurbaadjie.
  • Geen sweetpakbaadjie onder die kleurbaadjie nie.
  • NB: Geen tekkies mag by skooldrag gedra word nie, SLEGS by FLO-drag.

Pet:
‘n Rooi pet met ‘n rand is by die verskaffers beskikbaar. Ons wil leerlinge aanmoedig om dit gedurende FLO-periodes en pouses te dra. Die hoed kan ook vir alle sportaktiwiteite gedra word.

SPORTDRAG - DOGTERS

FLO/Hokkie/Netbal/Tennis (Infaseringsjaar)

  • Moulose FLO-top.
  • CP-FLO-broekrompie.
  • Skoolsweetpak in die winter of koue dae(GEEN skooltrui saam met sweetpakbroek sonder baadjie nie).
  • Wit tekkies met CP-kouse, (opsioneel in die somer vir FLO, verpligtend in die winter of indien die skoolsweetpak gedra word).


    Swem

  • Swembroek in swart en rooi.


    Atletiekdrag

  • Moulose skoolatletiekhemp CP-atletiek “skipants”
  • Skoolsweetpak (GEEN skooltrui saam met sweetpakbroek alleen nie.)
  • Wit tekkies met CP- kouse (verpligtend indien die skoolsweetpak gedra word).
SPORTDRAG - SEUNS

FLO/Hokkie/Tennis (Infaseringsjaar)

  • FLO-hemp en FLO-broek
  • Skoolsweetpak (GEEN skooltrui saam met sportdrag nie.)
  • Wit tekkies met CP-kouse (opsioneel in die somer vir FLO, verpligtend in die winter of indien die skoolsweetpak gedra word.)
    Swem
  • Swembroek in swart en rooi.
    Atletiekdrag
  • Skoolatletiekfrokkie
  • CP-Atletiekbroekie.
  • CP- Atletiek “skipants” mag onder atletiekbroekie gedra word.
  • Skoolsweetpak (GEEN skooltrui saam met sportdrag nie.)
  • Wit tekkies met CP-kouse (verpligtend indien die skoolsweetpak gedra word).
    Rugby
  • Swart rugbybroek met Rooikat-embleem vir bulletjie rugby en swart rugbybroek met Rooikat-embleem vir die res. GEEN “skipants” onder rugbybroeke nie. GEEN “second skin” onder rugbytrui nie.
    Krieket
  • Wit lang krieketbroek CP-krieket moulose trui
  • Kriekethoed

NB: Sweetpakke mag in die winter saam met FLO-drag gedra word op die dae wat hulle FLO het. Slegs wit tekkies mag saam met die sweetpak gedra word.

FLO-DRAG: Geen T- hemp of opwarmingshemp wat uitsteek, mag saam met die FLO-hemp gedra word nie. In die somer mag leerlinge met FLO-drag kaalvoet skool toe kom.

Gedurende die winter mag die skoolsweetpak en tekkies en CP-kouse saam met die FLO-drag gedra word.

  • Alleenlik die eerste spanne van die verskillende sportsoorte kry spesiale vergunning om hulle eerstespandrag te mag dra tydens wedstryde.
  • Leerlinge wat provinsiale kleure verwerf het, kry vergunning om op die laaste skooldag van elke kwartaal daarmee skool toe te kom.
  • Wedstrydreëlings word deur die onderskeie sportorganiseerders voor weddstryde gekommunikeer.

SKOOLGELD

Skoolgeld word jaarliks vir die volgende jaar goedgekeur op die Algemene Jaarvergadering in Oktober.

SKOOLGELD VIR 2024

RR is R 34 000 per jaar per leerling saamgestel soos volg:

Aanvangsfooi van R 1 880 en die restante bedrag teen R 2 920 per maand vir 11 maande vanaf  01/02/2024 – 01/12/2024.

Gr. R is R 34 000 per jaar per leerling saamgestel soos volg:

Aanvangsfooi van R 1 880 en die restante bedrag teen R 2 920 per maand vir 11 maande vanaf  01/02/2024 – 01/12/2024 of,

Eenmalige betaling van R 31 080 (R 34 000 – R 2 920) indien betaal voor 31 Januarie 2024 – net van toepassing vir Gr R.

Gr. 1 tot 7 is R 30 810 per jaar per leerling saamgestel soos volg:

Aanvangsfooi van R 1 880 en die restante bedrag teen R2 630 per maand vir 11 maande vanaf 01/02/2024– 01/12/2024 of,

eenmalige betaling van R 28 180 (R30 810 – R 2 630) indien betaal voor 31 Januarie 2024.

Gr. R-Naskool (Graad RR en R) sowel as die Rooikat-Naskool (Gr 1 tot 7) is R 17 760 per jaar per leerling saamgestel soos volg:

Aanvangsfooi van R 1 260 en die restante bedrag teen R1 500 per maand vir 11 maande vanaf 01/02/2024– 01/12/2024.

Addisionele gelde vir toere word deur onderskeie sport- en kultuursoorte gehef (volgens die beheerliggaam se beleid insake befondsing van buite kurrikulêre aktiwiteite) en is nie deel van die skoolfonds nie.

Klasfonds is vasgestel op R150.

Indien u die skoolrekening vir Gr. R – 7 (kurrikulum) ten volle vereffen voor 31 Januarie 2024 is ‘n volle paaiement (oftewel R 2 920 vir Gr. R en R 2 630 vir Gr 1 – 7) aftrekbaar van die totaal. Hierdie reëling geld nie vir Graad RR en Naskool nie.

Betalings word soos volg gemaak:

  • Aanvangsfooi, soos hierbo uiteengesit per leerling is betaalbaar voor 30 November van die vorige jaar. Nuwe leerlinge betaal hierdie aanvangsfooi tydens inskrywing.
  • Betaal maandeliks per debietorder oor 11 maande vanaf 01/02/2024– 01/12/2024.
  • Volledige betaling voor of op 31 Januarie 2024.
  • Betaal elektronies na ABSA rekeningnommer 3490147046, takkode 336445, meld u skool rekeningnommer as verwysingsnommer.

Let asseblief daarop dat skoolgeld en naskoolgeld vooruitbetaalbaar is m.a.w. u moet die heffing vir die maand voor of op die eerste van die maand betaal. Indien u per debietorder betaal sal dit op die eerste van die maand verwerk word.

Ons wil alle kontantbetalings ten sterkste ontmoedig. Kontant raak maklik verlore en hou ‘n hoë risiko in. Geen aanspreeklikheid kan vir kontant aanvaar word nie.

BANKBESONDERHEDE

Naam van Rekening: Laerskool Constantiapark

Absa rekeningnommer: 3490 147 046,

Takkode: 336 445,

Verwysing: Skool rekeningnommer as verwysingsnommer

LEES MEER
  • 1.2 Betalings word soos volg gemaak:
  • Aanvangsfooi, soos bo uiteengesit per leerling is betaalbaar voor 30 September van die vorige jaar. Nuwe leerlinge betaal hierdie aanvangfooi tydens inskrywing.
  • Betaal maandeliks per debietorder oor 11 maande vanaf 01/02 – 01/12.
  • Volopbetalings voor of op einde Januarie.
  • Betaal elektronies na ABSA rekeningnommer 3490147046, takkode 336445, meld u skool rekeningnommer as verwysingsnommer.
  • Indien rekeninge nie vooruitbetaal word nie, word ouers versoek om per debietorder te betaal. Ouers moet asseblief self verseker dat debietorders (met die korrekte bedrag), wel gevorder is. Ons wil alle kontantbetalings ten sterkste ontmoedig. Kontant raak maklik verlore en hou ‘n hoë risiko in. Geen aanspreeklikheid kan vir kontant aanvaar word nie.
    1.3 Betalings per debietorder (voltooi volmag) of per tjek word uitgemaak aan:
    “Laerskool Constantiapark”.
  • Indien u reeds van ‘n debietorder gebruik maak, is dit nie nodig om weer ‘n vorm te voltooi nie, omdat die finansiële afdeling van die skool dit outomaties aanpas.
  • Maandelikse paaiemente is betaalbaar voor of op 01 Februarie en daarna voor of op die eerste van elke maand tot Desember. Betalings eers aan die einde van die jaar is onaanvaarbaar.
  • Indien die maandelikse paaiement nie betaal word nie, sal die beheerliggaam geregtig wees om die totale verskuldigde bedrag onmiddellik te eis.
  • Regsaksies kan ingestel word teen ouers wat nie die vereiste skoolgeld betaal nie en wat ook versuim om by die beheerliggaam skriftelik om subsidie aansoek te doen.
  • Albei wettige voogde/ biologiese ouers is verantwoordelik (volgens die SA Skolewet) vir die betaling van die skoolfonds.
  • Regskoste asook rente op agterstallige skoolgeld sal deur die ouer/s betaalbaar wees.
  • Ouers wat nie skoolgeld kan betaal nie, moet asseblief teen einde Februarie, voorgeskrewe vorm, aansoek om ‘n vrystelling by die beheerliggaam doen. Hierdie reëling geld nie vir gr. R en gr. RR nie, aangesien dit privaat bedryf word. Maak asseblief seker dat u die herregistrasievorm voltooi en die bedrag per leerling betaal. Leerlinge wat nie herregistreer nie, kan nie aanspraak maak op plek in die skool vir die volgende jaar nie.

BANKBESONDERHEDE

Naam van Rekening:  Laerskool Constantiapark  

ABSA-rekeningnommer:  3490147046, 

Takkode: 336445,

Verwysing:  Skoolrekeningnommer as verwysingsnommer.

SKRYFBEHOEFTES

• Graad R-Sentrum: Pakkette en Skooltasse.
Skryfbehoefte-pakkette en skooltasse is beskikbaar by die Graad R-Sentrum self.
• Graad 1: Pakkette en Skooltasse
Pakkette en tasse kan by Castle Walk Stationers aangekoop word.
Winkel 12B, h/v Nossob en Lois, Erasmuskloof
Elektroniese bestellings: www.castlewalkstationers.co.za;
Telefoniese bestellings: (012) 347 1676.
(Daar is pakketlyste sodat u die skryfbehoeftes ook self kan aankoop).

• Graad 2-7: Skryfbehoeftelyste
Die skool verskaf: handboeke, handleidings, skryfboeke en die voorblaaie daarvoor. Daarbenewens word daar van die ouers verwag om self sekere skryfbehoeftes te voorsien wat nie meer deur die Gauteng Departement van Onderwys verskaf word nie. Aan die einde van elke skooljaar sal leerlinge ‘n lys ontvang van benodigdhede vir die volgende jaar, waarop elke graad aanged
ui is.

SLUITKASSIES

‘n Aantal sluitkassies is by die skool te huur. Aansoek vir sluitkassies word by die kantoor ingedien en ook aan die begin van die jaar per graad hanteer. Die Sluitkassie-rooster verskyn elke jaar in die eerste Nuusbrief.

CP-AANLYN

Pak ‘n inkopiemandjie met CP-lekkernye,  -kossies of met Rooikat-Ondersteunersklere of -Skoolklere. Hier is ‘n Rooikat-inkopie-mekka vir alles wat ‘n CP-hart laat bons van trots en op voete kan hou!

 Staan saam, koop saam! Rooikatte!

Kry die D6 kommunikeerder, en bly op hoogte van alles by jou ROOIKAT se skool!

ons borge
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X