Verryking
rekenaarsentrums
rekenaarvaardigheid vir graad 7
Leerlinge van gr. 1 tot gr. 7 kry in vier rekenaarsentrums blootstelling aan verskeie opvoedkundige programme. Programme word gebruik wat die leerlinge meer vaardig maak met die gebruik van die sleutelbord. Microsoft Word, Excel, Powerpoint, Publisher en Visio word onder meer gebruik om die leerlinge rekenaarvaardig te maak. Programme word geïntegreer met ander vakke om verryking mee te werk.
Lees-ontwikkeling in Afrikaans en Engels vir graad 4-6
Laerskool Constantiapark beskik oor ‘n ‘n Afrikaanse leessentrum en ‘n Engelse leessentrum. Hierdie sentrums is elk met 40 rekenaars toegerus. Die gr. 4- tot 7- leerlinge het 3 verrykingsperiodes per week, waar die Camii- en Eduplay-program in Engels, en Afrikaans gevolg word. Elke leerling vorder volgens sy/haar eie tempo en lees op sy/haar eie vlak.
Wiskunde en NW: verryking
wyer as die kurrikulum

Graad 4- tot 7-leerlinge besoek een keer in ses dae die Wiskunde-rekenaarsentrum waar CP’s ‘n Wiskunde-ondersteuning en -verrykingsprogram volg. Ons gebruik die Camii-Wiskundeprogram en Eduplay vir inoefening en verryking.

Ons gebruik ook tablette vir verrykende werk in NW vir ons graad 7’s om ons leerlinge vertroud te maak met die gebruik van leerinhoud op tablette as voorbereiding vir verdere studie- en leerprogramme in die hoërskool. Hierdie is slegs ‘n aanvullende periode tot graad 7-NW se KABV-kurrikulum (CAPS).

Graad R-Verryking in lees en kodering
Ons graad R-maatjies kom kuier een keer elke drie weke by die “ groot skool” vir ‘n verrykingsperiode op tablette waar hulle die basiese beginsels van analitiese denke leer met ‘n pret-koderingsprogram en ook aanvullende lees. So word kuiertjies by die “groot skool” pret en ‘n tydjie waarvoor hulle opgewonde wag!
mediasentrum

Die skool se mediasentrum lewer ‘n diens aan die leerlinge sowel as die onderwysers rakende inligtingsnavrae en onderwyshulpmiddels. Die sentrum wakker ‘n leesgees aan in die skool en sorg ook vir besoeke van skrywers soos Jaco Jacobs wat gereeld ‘n hoogtepunt is vir ‘n skool wat lief is vir lees.

Die mediasentrum is ten volle gerekenariseerd, wat voorraadkontrole vergemaklik. Die skool se handboekstelsel is ook gerekenariseerd en word ook vanuit die mediasentrum beheer.

Die mediasentrum is oop vir leerlinge tydens skoolure en in die middae vir uitleen van boeke en inligtingsnavrae. Die hulp van kundige personeel is deurentyd beskikbaar.

BOEKWURMDAG is ‘n CP tradisie

Boekwurmdag, waartydens ongeveer 500 ouers en kinders (graad RR tot 3) ‘n storie-uur vroegoggend saam geniet en ouers op ‘n piekniek-kombersie ‘n storie vir hulle eie kinders voorlees op die gras, is nog ‘n groot CP-lekkerte! Die Mediasentrum beskik oor nagenoeg 10 000 boeke, insluitend fiksie, nie-fiksie en naslaanwerke. Koerante, tydskrifte en ‘n pamfletversameling vul die boekevoorraad aan en ‘n wye spektrum onderwerpe word gedek.

ggo vir
waardegedrewe aksie
Hierdie aktiwiteit het ten doel om leerlinge van gr. 4 tot 7 se belangstelling in verskeie onderwerpe te prikkel en wyer as die kurrikulum te gesels. Ons verruim leerlinge se denke tydens ‘n Grootgroep-onderrigperiode wat leierskapontwikkeling vir die hele graad insluit asook gleentheid bied vir ‘n waardeprogram asook ander interessante temas soos emosionele intelligensie.

fenomenale en fabelagtige
verdere geleenthede

Algemene Kennis-vasvrae
Al die senior leerlinge neem reeds in die eerste en tweede kwartale deel aan weeklikse skriftelike flinkdink-uitdagings om bewustheid te kweek en ‘n liefde vir algemene kennis te ontwikkel. Aan die einde van die tweede kwartaal kompeteer die klasse in ‘n graad teen mekaar in spanne, en in die derde kwartaal neem ‘n gekose gr. 7 span aan die Super 12-kompetisie deel.
Bybelkennis
Al die senior leerlinge neem reeds in die eerste en tweede kwartale deel aan weeklikse skriftelike flinkdink-uitdagings om bewustheid te kweek en ‘n liefde vir algemene kennis te ontwikkel. Aan die einde van die tweede kwartaal kompeteer die klasse in ‘n graad teen mekaar in spanne, en in die derde kwartaal neem ‘n gekose gr. 7 span aan die Super 12-kompetisie deel.
Ekspo en ander olimpiades
Ons neem ook aan die Afrikaans-Ekspo, Wetenskap-Ekspo en verskeie ander verrykingsuitdagings deel.
Robotika
Junior FIRST LEGO League (junior FFL) is ‘n program wat fokus op kinders 6 tot 9 jaar. ‘n Tema word gebruik vir navorsing, kritiese denke en verbeelding. Onder leiding van ‘n afrigter en die junior FFL kernwaardes, ontwerp die kinders ‘n plakkaat en werk hulle met LEGO-elemente om ‘n model met bewegende dele te bou. Hul werk word uitgestal by die provinsiale FLL-kompetisie.

FIRST LEGO LEAGUE (FLL) is ‘n program wat fokus op kinders van 9 tot 16-jaar om hulle bloot te stel aan wetenskap en tegnologie. Provinsiale FLL-kompetisies, asook ‘n nasionale kompetisie word gehou waar spanne meeding om ten einde as die kampioene vir die seisoen aangewys te word. Die wenspan word na die wêreld-kampioenskappe in Amerika uitgenooi. CP is onder die top FLL-skole in Suid-Afrika met jaarlikse nasionale prestasies en internasionale uitnodigings.

spelathon
Rooikatte spel vir die vale in die
Spelathon-brigade!
Laerskool Constantiapark kweek jaarliks by hulle CP’s ‘n lus om spelwoorde te leer! Elke klas en elke graad spel vir ‘n vale tot by die algehele skoolfinale waar die beste spellers van elke graad teen mekaar kompeteer tot by die spelkroon vir ‘n Rooikat-koning of -koningin wat eers weer die volgende jaar onttroon kan word. Die Rooikatte gryp elke geleentheid aan om in 365 dae die spelwoorde van die wêreld te kan kafdraf! Hierdie is die lekkerste lekker want om te kan spel is soos om met ‘n volgelaaide geweer enige vyand in ‘n oorlog te kan trotseer! Soveel spelwoorde as wat ‘n CP kan, soveel male is so ‘n CP ‘n man of vrou van formaat. Mense wat kan spel, se paaie vorentoe is gelyk, want elke nuwe akker skep graag plek vir ‘n gawe spel-rakker wat kan spel en kan skryf en kan woeker met die woord!
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X