GRAAD R- EN RR-MAATJIES VAN 2025 KOM KUIER OP 24 OKTOBER BY ONS. ONS GRAAR RR-MAATJIES MELD BY ONS NUWE ROOIKATLAND-KLEUTERSKOOL AAN EN DIE GRAAD R-MAATS BY ONS GRAAD R-SENTRUM. ELKE MAATJIE ONTMOET SY JUFFROU EN SIT OP SY NUWE STOELTJIE IN HULLE NUWE KLAS. WELKOM ROOIKATTE EN ROOISKATTE VAN 2025!
LOER OOK NA ONS GROOT ROOIKAT-PRETBLAD EN RAAK OPGEWONDE OOR ‘N NUWE AVONTUUR! KLIK HIER!
Voortreflike akademiese onderrig in ‘n kindervriendelike, geborge milieu van liefde en meelewing deur passievolle onderwysers wat hóú van uitdagings, is hóé ons by CP die wát laat plaasvind. Hier dink ons anders en doen ons anders en bruis entoesiasme deur ons klasse en gange en oor ons velde. Hier wil elke kind wees.
Laerskool Constantiapark se groter skool word met dinamiese strategiese bestuur in kleiner groepe verdeel sodat elke CP-Rooikat se hartjie en handjies eers voorberei en ontwikkel word, binne kleiner kringe waarin hulle veilig voel om hulle grense bietjie-bietjie te skuif. Hier leer hulle ontdek en met selfvertroue waag. As Laerskool Constantiapark dan in volle glorie saamkom in eenheid en in ‘n kultuur van saamdoen, ontvou ‘n kragtoer van formaat… en dís hoe ons die wát by Laerskool Constantiapark doen, dat ons kinders kan gedy en kan sprankel! Ons Rooikatte is keer op keer sonder keer en elke CP word elke dag meer Rooikat!
Lees Meer
- Laerskool Constantiapark glo daarin dat elke kind op elke gebied begeester moet word om met waagmoed nuwe dinge te kan ontdek, sodat elke nuwe fase ontwikkeling verseker.
- Laerskool Constantiapark fokus eerder op meer klasse per graad as op oorvol klasse.
- Die akademiese voortreflikheid van graad 1 tot graad 7 is gewortel in uitnemende onderrig wat die kombinasie van die fantasie- en ‘n verrassingselemente in elke klas akademie en die leerproses in ‘n reuseavontuur laat ontaard!
Lees Meer
- Tydens elke Wiskundeperiode vanaf graad 4-7 verdeel die klas in twee kleiner klasse, sodat dit wat saakmakende vaardighede vorm, die saakmakende aandag kry.
- ‘n Pad van leer-lekkertes begin in graad R waar ons Rooikat-pionierspaaie wegtrek, terwyl ons speel: van skaak en allerlei verrykingsgeleenthede in die skooldag tot genotvolle deelname aan bulletjie-rugby, mini-netbal en mini-hokkie in die middae. Elke week word ‘n opwindende skool-belewenis wat sorg dat Maandae geen monster is nie, want Rooikatte wíl skool toe kom! As ons van graad R af reg werk, brul ons Rooikatte van plesier tot in graad 12!
- Die manier hóé ons die wát doen op akademiese gebied, maak Laerskool Constantiapark een van die gunsteling- voederlaerskole vir die Top 5 hoërskole in Gauteng.
- Akademiese klasse word ondersteun deur klasassistente wat seker maak dat elke uitdaging in ‘n klas in ‘n japtrap kaf gedraf word en kinders kan baai in individuele aandag.
- 0/9 SA-Landloopkampioen is ‘n RooiKat
- Super-12-Landloopwenners
- Super-12 Top 10 Bybelvasvraespan
- 0/12-Netbal RooiSkatte onder Top 10 in Suid-Afrika
- Rooikat-Junior-Koor eindig onder Top 10 in Suid-Afrika by ATKV-Applous
- Super-12 Top 3 Algemenekennis-span
- Graad R-koor is keer-op-keer kategorie-wenners by Centurion Kunstefees
- Hokkie Eerstespan naaswenners by Noord-Gauteng-kampioenskappe
- Bloubul-kampioene (2019)
- 9 Rooikatte is Bloubulle en die Bloubul-kaptein is ‘n CP
- Nasionale Lego Robotika-wenners
- Nasionale Afrikaans-Ekspo-wenners
- Twee nasionale redenaar-deelnemers
- TITAN-wenners (Krieket)
- Super-12 sege-op-sege in atletiek, tennis, landloop en hokkie
- Swemspan-naaswenners in liga
- CP-seniorkoor skitter as nasionale wenners van SING IN HARMONIE en ‘n silwer medalje verwerf by die WORLD CHOIR GAMES in 2018
belééf hoe ons die wat doen
vriende van laerskool constantiapark
Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za
Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za