Accademics
UITNODIGENDE ONDERWYS
IS ONS BENADERING
Ons stuur graag op kreatiewe wyse die voorgeskrewe kurrikulum maan toe! Basisvaardighede aanleer en inoefen is in ons klaskamers ‘n prioriteit . Die leerlinge se akademiese, emosionele en geestelike vorming vorm die kern van ons onderrig en ouers kry terugvoering oor hulle kinders se vordering. Die kurrikulum soos deur die onderwysdepartement voorgeskryf, word gevolg, maar hóé ons hierdie kurrikulum aanpak en onder die knie kry, maak dat ons spore op die maan gaan trap en ons leerlinge uitskieters is later as hulle in een van Gauteng se vyf top hoërskole, wat ons omring, hulle verdere onderrig voortsit! Opvoedkundig verantwoordbare onderrig is die CP- aksieplan vir sukses!
Lees Meer
By Laerskool Constantiapark word ‘n gebalanseerde ingesteldheid tot studie, sport, kultuur en leierskap aangewakker. ‘n Skool waar skaak en sport saam van ewe groot belang is, skep pioniere in leierskap: CP-personeel sorg dat leerlinge kreatief dink en leer om analities probleme op te los. CP’s oefen speel-speel om lateraal te dink met ‘n skaakperiode in skooltyd vir graad 1-3, maar Laerskool Constantiapark se Rooikatte oefen ewe begeesterd buite in die sonnetjie dat al die spiertjies ook wikkel om te ontwikkel. As die sonnetjie skyn, speel CP-kindertjies buite in die skooltuin!
ons speel skaak van gr r af!
Skaak word by CP vanaf gr. R tot 7 beoefen. Leerlinge ontvang in die grondslagfase in skooltyd afrigting. Ons het ‘n spesialis-skaakafrigter wat vir ons Grondslagfase van graad R af ‘n periode skaak per week onderrig. Skaak oefen die breintjies. Skaak leer ons Cp’s van kleins af analitiese denke en srategiese bewegings. Hierdie brein-ontwikkeling word aangevul met ons FLO-periode waar die spiere ontwikkel. Saam sorg skaak en sport vir onstuitbare langtermyn akademiese skitterplan!
akademie is ‘n avontuur!
Laerskool Constantiapark volg die CAPS-kurrikulum soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Dis egter hóé Laerskool Constantiapark die wát doen met Akademie wat ons skool een van die voorkeur akademiese laerskole maak vir die vyf top hoërskole in Gauteng.

Laerskool Constantiapark glo dat akademiese ontwikkeling die brandstof is om spore op die maan te trap en wyer te beweeg as die grense van ‘n voorgeskrewe kurrikulum. Binne die skooldag moet daar ook tyd moet wees vir pret, want dan is die eindresultaat kreatiewe Rooikatte wat sonder keer pioniersvlae plant op die akademiese maan!

Sawubona!
CP se Grondslagfase praat Zoeloe!
Laerskool Constantiapark fasseer die aanleer van Zoeloe van graad 1 in. Met die leer van liedjies en rympies en groepsgesprekke leer ons grondslagfase Zoeloe op ‘n prettige manier aan as verryking. Hierdie is ‘n weeklikse hoogtepunt!
Ons is dubbel so bekkig!
Taalontwikkeling en -vaardigheid is vir ons belangrik. Lees en die genot van lees is vir Laerskool Constantiapark soos asemhaal. Ons vier ons liefde vir lees deur Boekwurmdag vir die Grondslagfase wat deur meer as 500 ouers bygewoon word en waar ouers en kinders saam ‘n storielees in ‘n vroegogend storie-uur. Ons Mediasentrum het meer as 10 000 lekkerlees-boeke vir almal se ouderdom en belangstelling en ons grondslagfase-klasse het almal elke tweede week ‘n Mediasentrum-periode waarheen hulle opgewonde huppel en stadig al lesend terugstap klas toe met ‘n nuwe boek in die hand.

Ons kweek by ons graad 4 tot 7 taalliefde deur ‘n leesperiode in die Rekenaarsentrum, een week Afrikaans en die volgende week vir Engels. Soveel tale as jy kan soveel bekkiger raak elke CP, want so leer ons raakpraat en raakskryf en speel ons met taalleer.

Kuns, Musiek ek kreatiwiteit
Einstein + Picasso + Beethoven = Rooikatte sonder remme!
Ons leerlinge se kreatiwiteit word in kuns en musiek gestimuleer en hulle vaardighede op so ‘n manier ontwikkel dat elke kind ‘n Picasso en Beethoven word. Laerskool Constantiapark ondersteun Einstein se woorde: “Kreatiwiteit is intelligensie wat pret het!”

Die analitiese ontleding en voorbereiding van ‘n meesterstuk trek weg in die kuns- en musiekklas en bou voort op dit wat in die Wiskundeklas gebeur en saam met die syfers stuur die ontploffing van kleur, die aanleer van ‘n tegniek en die verfyning van elke kind se fyn motoriese vaardigheid saam met analitiese denke elke CP in totaliteit op ‘n ontdekkingsreis vol akademiese avontuur.

Wiskunde
Slim plan vir voortreflike syfervaardigheid
Wiskunde is ‘n unieke ervaring. Ons graad 4 tot 7 klasse deel tydens die Wiskunde periode in twee kleiner klasse vir Wiskunde-onderrig wat beteken ‘n wiskundeklas bestaan uit ongeveer 15 leerlinge. Hierdie volg op ons kleiner Grondslagfase-klasse waar intensiewe aandag aan Wiskunde-onderrig gegee word binne die kleiner kring. So maak ons seker elke leerling kry individuele aandag om Wiskunde-uitdagings in ‘n wonderwêreld van oplossings te verander! Ons het ook dataprojektors, internettoegang in elke klas en visualiseerders asook ‘n unieke klaskamer waar die hele muur voor in die klas ‘n witbord is en leerlinge hulle somme kan skryf van die een kant van die klas tot aan die anderkant van die klas! Wiskunde-in-aksie laat ons leerlinge sommer-sonder-sukkel kafdraf.
wetenskap
Ons is woekerende Wetenskaplikes
Bekend maak bemind. Dit is vir Laerskool Constantiapark belangrik dat die vakke wat uitdagend bly tot in graad 12, ‘n veilige en vrolike wegtrek het. Natuurwetenskap en Tegnologie word met ‘n unieke aanslag lewendig gemaak. Wie self voel en doen, leer hoe meer hulle self voel en vroetel, Ons aanslag is prakties en ons skep in die alledaagse werklikheid wetenskaplike stukkies wonder vir CP’s en steek ‘n lus vir ontdek aan met ‘n jaarlikse Wetenskapweek.
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X