Fasiliteite vir pionierspore
  • Die Kuber kraai koning in ons CP’s se baan om spore op die maan te gaan trap! Al 47 ons klasse is toegerus met dataprojektors en internettoegang. Laerskool Constantiapark sorg vir ‘n kindervriendelike kuber-ontdekkingsreis om elke kind die geleentheid te bied om teg nologie sy beste vriend te maak, maar nie so dat hulle in die kuberruimte verdwaal nie.
  • CP’s hou van lees en trap pionierspore omdat lus vir lees ‘n gewoonte gemaak word met ‘n weeklikse besoek aan die Mediasentrum en die jaarlikse Boekwurmdag waar 500 ouers en kinders saam stories lees vir ‘n storie-uur by die skool.
  • Ons het vier rekenaarsentrums vir ‘n verrykingsprogram in lees, Wiskunde en Rekenaarvaardigheid van Grondslagfase tot Graad 7.
  • Die sport- en speelterrein bestaan uit twee rugbyvelde met ‘n onderdak pawiljoen, sewe netbalvelde en drie tennisbane wat ook gebruik word as netbalbane. Op die rugbyvelde en netbalbane is spreiligte vir aandwedstryde en aktiwiteite. Die rugbyvelde word ook gebruik as ‘n atletiekbaan, hokkievelde en ‘n krieketveld. Op die sportterrein is ook vyftien krieketnette waar krieketspelers vaardighede kan inoefen. Ons het ook sportgronde wat ons met Pro Arte deel en ‘n bussie wat ons CP’s heen en weer über.
  • Die skool het vier skoolbussies waarmee leerlinge en personeel vervoer word na byeenkomste. Ons maak ook gebruik van busvervoer-dienste.
  • ’n Kafeteria bedien ‘n verskeidenheid verversings en etes gedurende pouses en naskool asook tydens byeenkomste en funksies op die skoolterrein.
NASKOOLSENTRUM
Die skool beskik oor ‘n naskoolsentrum vir leerlinge van die skool. Die tye van toesig by die sentrum is soos volg:

Skooldae: 13:00 tot 17:30. Skoolvakansies (April, Junie en Oktober): 07:00 – 17:00

Die sentrum is oor naweke gesluit. Die sentrum sluit jaarliks slegs vir die Desembervakansie.

Die sentrum voorsien middagete en later die middag verversings. Tariewe en inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar.

Cura Pectore
Leerlingondersteuningsentrum
Laerskool Constantiapark het ‘n leerderondersteuningskomitee (LOK) in die lewe geroep wat in samewerking met privaat opvoedkundige sielkundiges, asook arbeids- en spraakterapeute funksioneer. Hierdie komitee ondersteun leerlinge met skolastiese, emosionele en gedragsprobleme.
Graad R-Sentrum
Die Gr. R-Sentrum maak voorsiening vir 10 klasse met ‘n maksimum van 24 leerlinge per klas. Gr. RR is ingefaseer met 2 klasse vanaf 2018.
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X