Sports
CP-sport:
staan saam, wen saam
In Laerskool Constantiapark kry leerlinge die geleentheid om onder leiding van top afrigters aan 16 sportsoorte deel te neem, maar élke leerlinge hou saam konsert en kaskar op die rugbyveld en ‘n hele skool dans saam in die revue onder die maan en so vonkel elke CP-ster.

CP se woord van eer is dat as daar ‘n span is, gee ons ‘n afrigter en geleentheid om deel te neem!

Die skool beskik oor uitstekende sportfasiliteite:
LEES MEER
  • Twee rugbyvelde 
  • ‘n Grasatletiekbaan op die rugbyvelde 
  • Drie tennisbane en ‘n klubhuis
  • Drie weervaste netbalbane wat veeldoelig aangewend kan word
  • Drie grasnetbalbane
  • ‘n Krieketblad en 15 krieketnette waarvan twee met boulmasjiene toegerus is Hokkiedoelhokke
  • ‘n Rugbyskrummasjien en doelgerigte apparaat vir mini- en hoofsportsoorte 
  • Spreiligte by die sportvelde
  • Pro Arte se sportveld word vir hokkie-, krieket- en netbal-oefening benut. 
SKAAK
Skaak word by CP vanaf gr. R tot 7 beoefen. Leerlinge ontvang in die grondslagfase in skooltyd afrigting. Ons skaakspelers neem aan verskeie toernooie en ligas deel. CP skryf elke jaar ongeveer agt spanne vir die liga in. Ligawedstryde word gedurende die eerste en derde kwartale gespeel. Afrigting geskied deur die jaar. Kinders wat nie liga speel nie kan Woensdae by groepafrigting inskakel. Squadoefening vind elke Donderdag plaas.
Prestasies wat al bereik is, is onder andere ligawenners, Super 12-wenners en Sun City-toernooiwenners,Tshwane-kleure en Afrikakampioene ingesluit.
Dis hóé ons die wát doen!
atletiek
Ons betrek so veel as moontlik CP’s by atletiek. Ons neem aan vriendskaplike byeenkomste deel wat ons slyp vir Cluster-, Distriks- Super 12, provinsiale en nasionale byeenkomste. Ons het die afgelope jare SA-kampioene gelewer waarop ons as skool baie trots is. Die goeie prestasies word toegeskryf aan toegewyde afrigters, puik deelname van die atlete en die voortgesette ondersteuning van die ouers.
Dis hóé ons die wát doen!

LANDLOOP
Landloop word die hele jaar beoefen. Vroeg in die eerste kwartaal vorm dit deel van atletiek en sorteer onder middelafstande. Daar vind ook reeds wedlope in die eerste en tweede kwartaal plaas wat atlete in staat stel om tydens die voorseisoen vir Noord-Gautengkleure te kwalifiseer. In die derde kwartaal vind die skoleligas en ook Super 12 plaas. In die vierde kwartaal skakel ons weer geleidelik oor na middelafstande. Elke atleet wat kwalifiseer, kry ook die blootstelling om provinsiaal en nasionaal deel te neem. Leerlinge wat nie die geleentheid kry om aan ander spansporte te kan deelneem nie, is meer as welkom by die langasems aan te sluit. Elke atleet kry die geleentheid om individueel sy staal te wys en ook as span tydens Super 12 sy skool te verteenwoordig. CP lewer jaarliks talle provinsiale landlopers.
Dis hóé ons die wát doen!

HOKKIE EN MINI-HOKKIE

Constantiapark neem in een van die sterkste ligas in Pretoria, naamlik Wyk Suid-Oos deel. Ons neem ook deel aan die Super 12 kompetisie. Ons het 13 spanne.

Constantiapark is een van die min skole wat C-spanne in alle ouderdomsgroepe het. Verskeie spanne het in die onlangse verlede as Super 12 en Blou Bulkampioene uit die stryd getree.

Constantiapark het nagenoeg nege hokkiespanne wat aan die liga deelneem. Drie seun- en vyf dogterspanne. Daar word tydens die tweede en derde kwartale aan ligas en Super 12 deelgeneem. Prestasies in die verlede het onder andere die Noord- Gauteng A ligawenners, Super 12-wenners en uitnodiging n die gesogte Champ of Champs en verskeie aandreekse ingesluit. Verskeie spelers word jaarliks in die onderskeie NORTHERN BLUES-spanne opgeneem

Dis hóé ons die wát doen!
GHOLF
Gholf is ‘n baie aktiewe sportsoort by Laerskool Constantiapark wat deur beginners sowel as gevorderde spelers beoefen word. Dit word in die derde en vierde kwartaal beoefen. Beginners het die geleentheid om by die gholfakademie aan te sluit, wat by die skool aangebied word. ‘n Dogter – en seunspan word gekies om die skool te verteenwoordig. Benewens die liga word ook aan die Super 12 deelgeneem. In die onlangse verlede is aan die Ernie Els toernooi deelgeneem. CP het al provinsiale spelers opgelewer.
Dis hóé ons die wát doen!

Rugby en BULLETJIERUGBY

Bulletjierugby is baie gewild onder jong seuns en dit is baie gesond by Laerskool Constantiapark. Ons beskik oor verskeie O/6-, O/7- en O/8-spanne. Die bulletjies is ‘n ouerinisiatief. Al ons bulletjies speel in CP-truie en vorm deel van die alombekende Rooikat-rugbyfamilie. Die CP- bulletjies se doelwit is om ‘n bydrae te lewer in die ontwikkeling van jong seuns op ‘n fisiese, emosionele en sosiale vlak.

Dis hóé ons die wát doen!

NETBAL EN MINI-NETBAL

Ons spanne strek van O/6 tot O/13. Ons het A- tot D- spanne by die Mini-Netbal en A-tot C-spanne by die Seniors. Mini-netbal neem aan verskeie feeste deel waar ‘n liefde vir netbal as sport gekweek word. Daar word nie telling gehou nie. Vanaf O/10 speel ons in een van die sterker ligas in Tshwane-Suid. CP neem aan Super 12 deel. Ons O/12- en O/13 A-spanne neem vir die afgelope paar jaar al aan beide Gauteng en SA-kamioenskappe deel. CP het ook gemiddeld twee dogters wat elke jaar die GSS – span haal.
Dis hóé ons die wát doen!
SWEM
CP-swemmers maak elke jaar groot golwe en met toewyding, deursettingsvermoë en goeie spangees, sorg gemotiveerde en gefokusde swemmers dat hierdie sportsoort elke jaar nuwe hoogtes bereik.
Die swemseisoen strek vanaf Oktober tot einde Maart van die daaropvolgende jaar. Gedurende die vierde kwartaal word ‘n Huisgala, verskeie aflosgalas en die Super 12-gala geswem en gedurende die eerste kwartaal neem die kwalifiserende swemmers aan verskeie vriendskaplike- asook die ligagalas deel. Gedurende die laaste week van die derde kwartaal word die skool se huisgala gehou en gr. 1 – 7 leerlinge wat inskryf vir die gala neem hieraan deel.
Dis hóé ons die wát doen!

KRIEKET
CP se krieket bestaan uit nagenoeg 13 spanne. Daar is A- en B-span vir die 0/9 tot O/13. Daar ook C-spanne vir O/9 tot O/11. Daar word gemiddeld 90 wedstryde ‘n seisoen gespeel. Verder is daar ook ‘n O/13 span wat aandliga deelneem dit is ‘n ontwikkelingsliga. CP-krieket presteer telkens uitstekend deur spanne in die Titansfinale te hê.
Dis hóé ons die wát doen!
PERDRY
Perdry is na regte ‘n indiwiduele sport wat buite skool beoefen word. SANESA is die instansie wat die skole-liga bestuur. Ruiters wat by ons skool ingeskryf is, onder die naam van Laerskool Constantiapark mag deelneem aan die vier ligas wat tydens die eerste ses maande van die jaar plaasvind. CP-ruiters word jaarliks in provinsiale spanne opgeneem.
Dis hóé ons die wát doen!
TENNIS

CP skryf elke jaar ongeveer agt spanne vir die liga in. Ligawedstryde word gedurende die eerste en derde kwartale gespeel. Afrigting geskied deur die jaar. Kinders wat nie liga speel nie kan Woensdae by groepafrigting inskakel. Squadoefening vind elke Donderdag plaas. Prestasies wat al bereik is, is onder andere ligawenners, Super 12-wenners en Sun City-toernooiwenners.

Dis hóé ons die wát doen!
Stoei

Ons bied ook stoei by Laerskool Constantiapark aan as een van die kleiner, maar groeiende  sportsoorte. Die skool lewe stoeiers op wat nasionaal skitter en spog selfs met ‘n nasionale kampioen.

 

Dis hóé ons die wát doen!
kontak ons

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za 
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za

Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530

Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za

X