staan saam, wen saam
CP se woord van eer is dat as daar ‘n span is, gee ons ‘n afrigter en geleentheid om deel te neem!
LEES MEER
- Twee rugbyvelde
- ‘n Grasatletiekbaan op die rugbyvelde
- Drie tennisbane en ‘n klubhuis
- Drie weervaste netbalbane wat veeldoelig aangewend kan word
- Drie grasnetbalbane
- ‘n Krieketblad en 15 krieketnette waarvan twee met boulmasjiene toegerus is Hokkiedoelhokke
- ‘n Rugbyskrummasjien en doelgerigte apparaat vir mini- en hoofsportsoorte
- Spreiligte by die sportvelde
- Pro Arte se sportveld word vir hokkie-, krieket- en netbal-oefening benut.



Skaak word by CP vanaf gr. R tot 7 beoefen. Leerlinge ontvang in die grondslagfase in skooltyd afrigting. Ons skaakspelers neem aan verskeie toernooie en ligas deel. CP skryf elke jaar ongeveer agt spanne vir die liga in. Ligawedstryde word gedurende die eerste en derde kwartale gespeel. Afrigting geskied deur die jaar. Kinders wat nie liga speel nie kan Woensdae by groepafrigting inskakel. Squadoefening vind elke Donderdag plaas.
Prestasies wat al bereik is, is onder andere ligawenners, Super 12-wenners en Sun City-toernooiwenners,Tshwane-kleure en Afrikakampioene ingesluit.
Dis hóé ons die wát doen!
Dis hóé ons die wát doen!


Dis hóé ons die wát doen!
HOKKIE EN MINI-HOKKIE
Constantiapark is een van die min skole wat C-spanne in alle ouderdomsgroepe het. Verskeie spanne het in die onlangse verlede as Super 12 en Blou Bulkampioene uit die stryd getree.
Constantiapark het nagenoeg nege hokkiespanne wat aan die liga deelneem. Drie seun- en vyf dogterspanne. Daar word tydens die tweede en derde kwartale aan ligas en Super 12 deelgeneem. Prestasies in die verlede het onder andere die Noord- Gauteng A ligawenners, Super 12-wenners en uitnodiging n die gesogte Champ of Champs en verskeie aandreekse ingesluit. Verskeie spelers word jaarliks in die onderskeie NORTHERN BLUES-spanne opgeneem
Dis hóé ons die wát doen!


Dis hóé ons die wát doen!
Rugby en BULLETJIERUGBY
Bulletjierugby is baie gewild onder jong seuns en dit is baie gesond by Laerskool Constantiapark. Ons beskik oor verskeie O/6-, O/7- en O/8-spanne. Die bulletjies is ‘n ouerinisiatief. Al ons bulletjies speel in CP-truie en vorm deel van die alombekende Rooikat-rugbyfamilie. Die CP- bulletjies se doelwit is om ‘n bydrae te lewer in die ontwikkeling van jong seuns op ‘n fisiese, emosionele en sosiale vlak.
Dis hóé ons die wát doen!


NETBAL EN MINI-NETBAL
Ons spanne strek van O/6 tot O/13. Ons het A- tot D- spanne by die Mini-Netbal en A-tot C-spanne by die Seniors. Mini-netbal neem aan verskeie feeste deel waar ‘n liefde vir netbal as sport gekweek word. Daar word nie telling gehou nie. Vanaf O/10 speel ons in een van die sterker ligas in Tshwane-Suid. CP neem aan Super 12 deel. Ons O/12- en O/13 A-spanne neem vir die afgelope paar jaar al aan beide Gauteng en SA-kampioenskappe deel. CP het ook gemiddeld twee dogters wat elke jaar die GSS – span haal. CP-Netbal se o/13-spanne skitter ook jaarliks by die Wildeklawer se nasionale toernooi. Die Rooikat-netbalakademie sorg dat netbal die hele jaar lank ontwikkeling spel en in plek hou.
Dis hóé ons die wát doen!
CP-swemmers maak elke jaar groot golwe en met toewyding, deursettingsvermoë en goeie spangees, sorg gemotiveerde en gefokusde swemmers dat hierdie sportsoort elke jaar nuwe hoogtes bereik.
Die swemseisoen strek vanaf Oktober tot einde Maart van die daaropvolgende jaar. Gedurende die vierde kwartaal word ‘n Huisgala, verskeie aflosgalas en die Super 12-gala geswem en gedurende die eerste kwartaal neem die kwalifiserende swemmers aan verskeie vriendskaplike- asook die ligagalas deel. Gedurende die laaste week van die derde kwartaal word die skool se huisgala gehou en gr. 1 – 7 leerlinge wat inskryf vir die gala neem hieraan deel. Laerskool Constantiapark neem deel aan die A-liga al het ons nie ‘n eie swembad nie en osn spog met ‘n SA-swemmer.
Dis hóé ons die wát doen!



CP se krieket bestaan uit nagenoeg 13 spanne. Daar is A- en B-span vir die 0/9 tot O/13. Daar ook C-spanne vir O/9 tot O/11. Daar word gemiddeld 90 wedstryde ‘n seisoen gespeel. Verder is daar ook ‘n O/13 span wat aandliga deelneem dit is ‘n ontwikkelingsliga. CP-krieket presteer telkens uitstekend deur spanne in die Titansfinale te hê. Ons was ook al Titans-wenners. Die Rooikat-krieketakademie laat die kolwe die hele jaar lank klap en sorg dat ons spelers se ontwikkeling prioriteit bly!
Dis hóé ons die wát doen!
Dis hóé ons die wát doen!


CP skryf elke jaar ongeveer agt spanne vir die liga in. Ligawedstryde word gedurende die eerste en derde kwartale gespeel. Afrigting geskied deur die jaar. Kinders wat nie liga speel nie kan Woensdae by groepafrigting inskakel. Squadoefening vind elke Donderdag plaas. Prestasies wat al bereik is, is onder andere ligawenners, Super 12-wenners en Sun City-toernooiwenners.
Dis hóé ons die wát doen!
Ons bied ook stoei by Laerskool Constantiapark aan as een van die kleiner, maar groeiende sportsoorte. Die skool lewe stoeiers op wat nasionaal skitter en spog selfs met ‘n nasionale kampioen.
Dis hóé ons die wát doen!

Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za
Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za